Regter sê vandag oor Zuma se verweer-aansoek

Regter Piet Koen van die Pietermaritzburgse Hooggeregshof gaan na verwagting vandag partye inlig of oud-president Jacob Zuma se verweer-aansoek om vrygespreek te word van korrupsie-aanklagte, virtueel of in-persoon aangehoor gaan word. Zuma, wat tans tronkstraf van 15 maande uitdien, se aansoek begin aanstaande Dinsdag. Die voormalige president het aangevoer daar is nie enige wetlike regverdiging vir virtuele verrigtinge in sy strafregtelike saak nie. Advokaat Wim Trengove namens die Nasionale Vervolgingsgesag hou vol die spesiale pleit-aansoek moet of virtueel of in-persoon voortgaan.