Regskenner sê GRN moet laaste 10 slagoffers in Oman help

Die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox sê die Namibiese regering moet bystand bied aan die tien oorblywende slagoffers van mensehandel wat tans in Oman is. Die minister van internasionale betrekkings Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die onus berus op hul families om hulle te repatrieer. Haar uitvoerende direkteur Penda Naanda het vroeër gesê daar is nie geld nie. Hancox stem nie saam nie.