Regsdienskommissie het net voort gegaan

Ten spyte van verskeie oproepe dat die pos van die ombudsman weer geadverteer word, het die Regsdienskommissie die kortlys van drie kandidate se onderhoude vir 20 Augustus neergelê. Daar was net vier aansoek vir die pos. Die ombudsman se kantoor is die enigste beskermheer van menseregte in die land en volgens Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat ook gevra het dat die pos weer geadverteer word, wil dit voorkom asof mense nie werklik weet wat die ombud doen nie.