Regering se behuising-beloftes steeds onvervul

Behuising in Namibië bly ‘n reuse-uitdaging met beramings van tot 300 000 huise wat in agterstand is en so bly informele nedersettings groei, sonder enige dienste, veral aan die kus en rondom die hoofstad. Die regering het ‘n teiken van 20 000 eenhede teen 2025 beloof, volgens President Hage Geingob se tweede Harambee-welvaartsplan. Maar, tot op hede is net 29 persent van die huise deur die Nasionale Behuisingsonderneming voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se jeugvleuel-leier Duminga Ndala oor die uitdaging gesels.

Verstedeliking is ook ‘n probleem omdat daar geen geleenthede op die platteland is nie.