Regering gaan voort met planne om NPTH te ontbind

Die Namibiese regering het bekendgemaak dat hy voortgaan met planne om Namibia Post en Telecom Holdings ( NPTH) te ontbind.Die stap sal die verskillende filiale in staat stel om direk aan die regering verslag te doen.Die besluit is geneem tydens sy 14de besluitnemingsvergadering van die kabinet wat op 19 Augustus 2021 gehou is.NPTH is ‘n kommersiële openbare entiteit en is die beheermaatskappy van Telecom Namibia Limited (Telecom), Namibia Post Limited (NamPost) en Mobile Telecommunications Ltd (MTC).