Reënseisoen: La Niña vertoon steeds sterk

Met veldbrande wat woed en die reën wat landswyd wegbly, hou Namibiërs hulle oë op die hemele vir wolke. Die onafhanklike meteoroloog Johan van den Berg het reën van vandag tot oormôre vir die land voorspel. Hy het bygevoeg dat hy steeds positief is vir ‘n goeie reënjaar vanaf Januarie tot Maart. In Suid-Afrika sê die weerdiens dat bo-gemiddelde reënval tot Mei volgende jaar kan duur in meeste gebiede in die buurland. Plaaslik is Namibië se damme tans altesaam 48,8 persent vol teenoor verlede jaar se 22,7 persent, behalwe vir Von Bachdam wat op die oomblik leër is as verlede jaar met sy vlak tans op 48,6 persent teenoor verlede jaar se 75,1 persent. La Niña is steeds sterk in sirkulasie wat ‘n goeie reënseisoen vir Namibië inhou.