Reën sak sag in Suide uit, snerpende koue kom

Reën het reeds saggies begin uitsak in die suide van die Namib in die Betta-omgewing. Piet Swiegers van Gondwana Klein-Aus Vista Lodge, sê dit is op die oomblik 6,3 grade Celsius by hul weerstasie en dit drup saggies. Hy sê sneeu word voorspel en die res van die naweek gaan baie koud wees met die wind wat vanaf vannag sterk gaan begin waai. Swiegers praat met Kosmos 94.1 Nuus.