ReconAfrica in New York gedagvaar

Plaaslike media berig dat daar ‘n hofsaak in ‘n New York-hof teen ReconAfrica hangende gemaak is. Luidens die berigte het ‘n Amerikaanse belegger Eric Muller die saak namens beleggers wat tussen 28 Februarie 2019 en 7 September vanjaar aandele in die maatskappy bekom het, gemaak. Muller beweer dat ReconAfrica verskeie federale wette oortree. Muller voer aan dat die maatskappy valse voorstellings gemaak het in verband met sy plaaslike eksplorasiewerk. Muller sê dat die maatskappy eintlik onkonvensionele metodes, wat hidrobreking insluit, in die Kavango-bekken sal toepas. Die stukke beweer verder dat die maatskappy nie versigtig met plaaslike waterbronne sal werk nie. Recon word daarvan beskuldig dat hy ‘n sogenaamde pump en dump-skema gebruik het. Dit beweer dat Recon sekere aankondigings oor sy bedrywighede gemaak het om sy aandeelprys op te stoot en dan die aandele teen die prys verkoop het. Recon sê hy sal hom teen die aantygings verdedig.