Recon reageer op New York-dagvaardiging

Reaksie word ontvang op ‘n dagvaardiging in New York teen ReconAfrica. Die saak is gebring deur ‘n belegger Eric Muller wat sê Recon was nie eerlik in sy aankondiging oor sy Namibiese bedrywighede nie en het sy aandeelprys op die manier opgestoot en toe teen daardie prys verkoop. Muller sê dat die maatskappy eintlik onkonvensionele metodes, wat hidrobreking insluit, in die Kavango-bekken sal toepas. Die stukke beweer verder dat die maatskappy nie versigtig met plaaslike waterbronne sal werk nie. Recon se kommunikasiebeampte Ndapewoshali Shapwanale het die maatskappy se standpunt so verwoord.