Reaksie op Zuma-parool

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die toestaan van mediese parool aan die voormalige president, Jacob Zuma, deur die Departement van Korrektiewe Dienste is onwettig en maak ‘n bespotting van die Wysigingswetsontwerp op Korrektiewe Aangeleenthede van 2011. Zuma is tot 15-maande tronkstraf vir minagting van die hof gevonnis, maar is verlede maand geopereer. Steenhuisen sê hy wil die rekords van die paroolraad sien om te bepaal watter kriteria gebruik is om mediese parool vir Zuma te regverdig:

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die besluit is onaanvaarbaar en nie goed vir die regstelsel nie: