Reaksie op NWR se goeie besettingsyfers

Sedert die Covid-pandemie in Namibië uitgebreek het, het dit die toerismesektor op sy knieë gedwing. Die twee jaar van skade is duidelik merkbaar, maar sommige instellings soos Namibia Wildlife Resorts het oorleef, danksy onder meer ‘n finansiële reddingsboei van die regering. NWR se akkommodasiebesetting het tydens die feesseisoen met 21 persent in 2020 tot 22 persent in 2021 gestyg. Tussen 1 Desember 2021 en 1 Januarie 2022 het Okaukuejo 3 245 kuiergaste ontvang. Plaaslike toerisme het wel potensiaal, sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold.