Reaksie op nuwe Covid-regulasies

President Hage Geingob het as deel van die nuwe regulasies teen Covid-19 aangekondig kontaksport mag sonder toeskouers weer afskop. Openbare byeenkomste mag nou deur 100 persone bygewoon word. Die aandklokreël van tien-uur saans tot vier-uur soggens bly in plek. Alkohol mag van Maandag tot Vrydag verkoop word. Restaurante mag op die perseel alkohol tot tien-uur saans verkoop. Gimnasiums en nagklubs mag weer hul deure open, maar met die helfte van hul kapasiteit. Sven Thieme, die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, verwelkom die nuwe maatreëls.