Reaksie op die miljarde van die PLAN-veterane

Reaksie word ontvang op die miljarde wat in tien jaar op oorlogsveterane bestee is. Volgens berigte is ‘n totaal van 19 miljard Namibiese dollar uitbetaal waarvan meer as 32 miljoen dollar visvangkwotas was. Veterane ontvang baie meer as pensionarisse, tussen 2 500 en 5 500 dollar maandeliks en sommiges het ook betalings van meer as 200 000 dollar ontvang vir sakeondernemings. Veteraanaangeleenthede val onder die kantoor van die adjunkpresident Nangolo Mbumba. Mbumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.