Reaksie op die kansellasie van Zuma se mediese parool

Die Appèlhof het oudpresident Jacob Zuma se appèl teen ‘n hooggeregshofbeslissing wat sy mediese parool tersyde stel, van die hand gewys. Zuma en die departement van korrektiewe dienste moet ook die regskoste van die DA, die Helen Suzman-stigting en AfriForum betaal. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die implikasies.

En oor Zuma se volgende stappe, sê Duvenhage hy sal probeer om dinge te vertraag.