Reaksie op begrotingstoekenning aan onderwys

Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het groot lof uitgelok vir sy toekenning aan die onderwyssektor in sy begrotingsrede. Die sektor het die grootste deel van die totale begroting van 67,9 miljard Namibiese dollar ontvang. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het haar reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.