Reaksie oor Heineken se planne met Distell

Die globale batebestuurder, Ninety One, sê hy gaan vandag teen die voorgestelde ooreenkoms stem waarvolgens die internasionale brouer, Heineken, Distell koop en denoteer op die Johannesburg effektebeurs. Sowat 56 persent van Distell se aandeelhouers ondersteun die ooreenkoms. Ninety One se beleggerspesialis, Rob Forsyth, sê Distell is ‘n unieke bate wat op die beurs gelys is en wat goed geplaas is om munt te slaan uit ‘n sameloop van wêreldneigings. Intussen sê die hoof van Heineken International, Dolf van den Brink, hierdie drie sakeondernemings is ideaal geplaas om te baat by aansienlike groeigeleenthede in Suider-Afrika. Dawie Roodt ‘n ekonoom in die buurland het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.