Rassistiese stem-nota word in SA ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie in Gauteng ondersoek die oorsprong van ‘n stem-nota wat op sosiale media sirkuleer. Daarin word gehoor hoe ’n vrou teenoor swart mense uitvaar en na hulle as verkragters en diewe verwys. Sy doen ook ‘n beroep dat hulle verban en vermoor moet word. Die Menseregte-kommissaris André Gaum sê die boodskap hou verband met die verbod op Amerikaanse veghonde ná onlangse aanvalle. Gaum sê hulle sal ná deeglike ondersoek besluit of hulle ’n haatspraak-saak in die Gelykheids-hof aanhangig gaan maak.