Rassisme-tugverhoor uitgestel by Maties, slagoffer stap uit

Nadat Babalo Ndwayana, die Universiteit Stellenbosch-student op wie se eiendom urineer is, uit die tugverhoor van die oortreder, Theuns du Toit, gestap het, is dit onduidelik wanneer dit voortgesit sal word. Volgens berigte uit Suid-Afrika sê sy regsverteenwoordiger, Nomonde Gxilishe, hulle is nie tevrede was dat die paneel wat deur die universiteit aangestel is, onpartydig sal wees nie. Die dissiplinêre verhoor teen Du Toit sou Woensdag by die universiteit begin. Du Toit is verlede maand uit die universiteit geskors nadat ’n video gedeel is, wat wys hoe hy op Ndwayana se besittings urineer en hom “boy” noem. Die universiteit sê hy sal ‘n verklaring vrystel sodra hy ‘n verslag van die dissiplinêre komiteepaneel ontvang het.