Rassisme in SA-advertensies onder die loep

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Gauteng gaan met die tweede deel van sy ondersoek begin ná klagtes oor beweerde rassediskriminasie en diskriminasie in die algemeen in advertensies in Suid-Afrika. Die ondersoek begin vandag in die OR Tambo Raddison in Kemptonpark en duur tot volgende Vrydag. Die woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê daar was onlangs ‘n paar advertensies met rassistiese ondertone wat groot kritiek in die bedryf en by sy kliënte uitgelok het: