Rassie wys sy oefenkamp aan

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het elf nuwelinge in die 35-tal aangewys vir die Springbokke se eerste amptelike oefenkamp van die seisoen, wat môre in Pretoria begin. Die fokus sal op die openingstoets teen Wallis op 22 Junie wees. Die spelers is Jordan Hendrikse, Quan Horn, Edwill van der Merwe, Morné van den Berg, Phepsi Buthelezi, Siya Masuku, Ethan Hooker, Ben-Jason Dixon, Sacha Feinberg-Mgomezulu, Neethling Fouché en André-Hugo Venter. Spelers gebaseer in Europa, die VK en Ierland sal nie vir die toets op Twickenham oorweeg word nie. Steven Kitshoff, Lood de Jager en Jaden Hendrikse is uitgesluit as gevolg van beserings.