Rassie van Dussen se hondertal nie genoeg nie

Krieket: Rassie van der Dussen se honderdtal was nie genoeg om die Proteas teen Pakistan te laat wen in die eerste eendagwedstryd in Centurion nie. Van der Dussen het ‘n onoorwonne 123 bygedra tot Suid-Afrika se 273 vir ses nadat hulle eerste gekolf het. Die besoekers se Babar Azam het geantwoord met sy 13de eendag-honderdtal. Pakistan het die wedstryd met die laaste bal met drie paaltjies ingepalm. Die Proteas se openingskolwers het teleurgestel. Quinton de Kock kon slegs 20 lopies bydra en Aiden Markram, 19. Die kaptein, Temba Bavuma, en Heinrich Klaasen het elk net een aangeteken. Die twee spanne speel môre weer.