Rassie se dogters sê dankie tog pappa gaan terug werk toe

Rassie Erasmus mag hierdie week sy werk as SA Rugby se direkteur van rugby hervat wanneer sy skorsing van twee maande verby is. Wêreldrugby het hom in November geskors ná die omstrede video waarin hy wedstrydbeamptes in die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus kritiseer. Sy dogters sê hulle is uiters dankbaar die verbod was net twee maande want hulle is sat vir braaivleis – hulle pa het blykbaar elke dag soos ‘n Vrydag behandel… Die familiehond Frank het ook onder druk verkeer as gevolg van sy skielike roem…