Rand verswak, beweeg na 16/US$

Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar het Woensdag met 2,6 persent verswak en beweeg al nader aan 16 rand teen die Amerikaanse dollar. Vanoggend verhandel die rand rondom 15,96 teen die Amerikaanse geldeenheid. Ontleders meen met die vakansietydperk het handel verswak, regoor die wêreld, en beleggers is onseker oor die vooruitsigte vir volgende jaar. Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku herhaaldelik oor die moontlike impak van Omikron wat toenemend voorkom in talle lande regoor die wêreld. Kenners meen die volumes wat op beurse regoor die wêreld verhandel sal laag bly tot in die nuwe jaar tot daar duidelikheid is oor ekonomiese groei en die impak van Omikron.