Ramptoestand-regulasies kan SA landbou bevoordeel

Die Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Thoko Didiza, glo die elektrisiteits-ramptoestand-regulasies kan tot voordeel wees van maatreëls wat die landbou sal toelaat om te funksioneer. Die minister sê sy het met Eskom gepraat om korttermyn-ingrypings te vind wat toegepas kan word om die gevaar rondom voedsel-onsekerheid in die land te vermy. Die regering oorweeg dit ook om boere wat hul eie alternatiewe energie wil vervaardig, te ondersteun deur gemengde befondsings-meganismes.