Ramptoestand in KwaZulu-Natal verklaar

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die provinsie het besluit om ‘n ramptoestand te verklaar. Dit volg kort na die onlangse oproerigheid en plundering wat skade van miljarde rande veroorsaak het aan ondernemings en winkelsentrums sowel as openbare infrastruktuur. Afgevaardigdes van die Verenigde Nasies het vandag met Zikalala vergader om die skade wat veroorsaak is, te beoordeel. Meer as 300 mense het gesterf tydens die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng. Voedselsekerheid in KwaZulu-Natal hou tans ‘n bedreiging in.