Ramaphosa wens Grammy-wenner geluk

President Cyril Ramaphosa het DJ Black Coffee gelukgewens met sy eerste Grammy-toekenning. Ramaphosa het die musiekster bedank omdat hy die vlag hoog hou en ‘n nuwe geslag talent begeester om die wêreld oor te neem. DJ Black Coffee is in Las Vegas as wenner aangewys in die kategorie vir Beste Dans-/Elektroniese Album vir sy sewende altejee-album, Subconsciously. DJ Black Coffee is in Durban gebore en sy regte naam is Nkosinathi Maphumulo. Hy is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar om ‘n Grammy in dié spesifieke kategorie te wen.