Ramaphosa teleurgesteld oor Hani-moordenaar se parool

President Cyril Ramaphosa het sy teleurstelling uitgespreek oor die besluit van die Konstitusionele Hof om Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, op parool vry te laat. Hy beskryf die besluit as ongelukkig vir die familie van die vermoorde struggle-ikoon en die hele land. Ramaphosa het die media op die hoogte gebring na afloop van sy tweedaagse besoek aan die Verenigde Koninkryk. Hy sê hy moet nog die redenasie agter hoofregter Raymond Zondo se uitspraak bestudeer.