Ramaphosa stel spesiale polisiespan aan vir onwettige mynbou

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê ʼn gespesialiseerde polisie-eenheid sal op die been gebring word om spesifiek onwettige mynbou te ondersoek. Dit volg op die verset-optrede teen onwettige mynwerkers in Krugersdorp aan die Wes-Rand, Gauteng. Ramaphosa was die hoofspreker by die afsluiting-seremonie van die Presidensiële Spitsberaad vir die Maatskaplike Sektor in Boksburg en het bygevoeg die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet in hulle ondersoek ondersteun word.