Ramaphosa sê BRICS-lidmaatskap is baie voordelig

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se Brics-lidmaatskap hou groot waarde in. Hy sal dié week saam met die leiers van Brasilië, Rusland, Indië en China virtueel vergader op die 14de Brics-leiersberaad. Ramaphosa sê Brics-lande het sterker finansiële en ekonomiese bande as een van die hoofpilare vir samewerking tussen lidlande geïdentifiseer. Ramaphosa sê samewerking op die gebied van gesondheid en veral na aanleiding van die Covid-19-pandemie, het Suid-Afrika beter geposisioneer om op gesondheid noodgevalle te reageer.