Ramaphosa: Radikale ekonomiese transformasie verpolitiseer

President Cyril Ramaphosa sê die term radikale ekonomiese transformasie is wyd verpolitiseer. Hy het ampsdraers van die regerende party daarvan beskuldig dat hulle agter die term skuil en dit gebruik om korrupsie te bevorder. Ramaphosa het vandag sy getuienis voor die staatskapingskommissie afgesluit.