Ramaphosa oor wangedrag in die ANC

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die ANC moet wangedrag deur sommige van sy lede onmiddellik stopsit. Dit moet gebeur terwyl die party ongetwyfeld homself vernuwe en herposisioneer. Hy sê die vernuwing gaan oor die verbetering van die party se vermoë om doeltreffend aandag te gee aan mense se kommer en kwessies, as ‘n beweging en as die regerende party. Ramaphosa voeg by hulle moet ook besef hernuwing en heropbou is ‘n proses waarvoor toegewyd gewerk moet word.