Ramaphosa ook deur Pegasus geteiken

President Cyril Ramaphosa is een van die 14 wêreldleiers wat geïdentifiseer is ná ‘n reuse data-lekkasie wat met die Pegasus-projek verbind word. Die staatshoofde is as belanghebbende persone uitgewys deur kliënte van die Israelse waarnemingsmaatskappy, die NSO-groep. Ander leiers op die lys sluit die Franse President Emmanuel Macron en die eerste minister van Pakistan, Imran Khan, in. Amnestie Internasionaal sê die ongekende bekendmaking dat toegang tot die telefone van wêreldleiers bekom kan word deur middel van die Pegasus-spioenware van die NSO-groep, behoort staatshoofde koue rillings te gee.