Ramaphosa maak miljoene met Ankole-veiling

President Cyril Ramaphosa se Ankole-veiling op sy Phala Phala-wildsplaas in Limpopo in die buurland was volgens alle aanduidings, ‘n reuse-sukses. Die hoogste prys wat behaal is, is 1,65 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir sy bul, Cumulus. Nog ‘n bul, Dollar, het 1 miljoen rand behaal. Verskeie koeie met kalwers het tussen 470 000 en 500 000 rand behaal. Die veiling kom in die nadraai van nuus van die omstrede rooftog van ongeveer 4 miljoen Amerikaanse dollar op die plaas deur vyf Namibiërs in 2020. Media is Saterdag verbied om die veiling by te woon en daar was ‘n baie groot polisie-teenwoordigheid op die plaas.