Ramaphosa lei Suid-Afrika se kiersersregistrasieveldtog

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, lei die naweek die party se kiesersregistrasieveldtog in Gauteng en Mpumalanga. Die president is vandag in Gauteng en gaan mense van deur tot deur besoek in gebiede insluitend Sone 10 in die Nomzamo-informele nedersetting en Sone 4 Chiawelo. Môre gaan hy in Mpumalanga wees en gebiede daar besoek wat Tekwane-Suid en KaMagagu insluit. Die ANC sê die veldtog gaan oor die mobilisering van alle moontlike kiersers om vir die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November te registreer.