Ramaphosa lei SAOG-troika

President Cyril Ramaphosa tree vandag in Pretoria op as voorsitter op ‘n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor Mosambiek. Die beraad sal na verwagting ‘n vorderingsverslag ontvang oor die SAOG se bedrywighede sedert dit in Mosambiek ontplooi is. Die Presidensie sê hulle sal die pad vorentoe bespreek oor die ontplooing van magte om terrorisme en gewelddadige ekstremisme in die noordelike deel van die Cabo Delgado-provinsie te bespreek. Ramaphosa is voorsitter van die SAOG se afdeling vir Politiek, Verdediging en Sekerheid-samewerking.