Ramaphosa las ondersoek na Telkom se Afrika-transaksies

President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee om Telkom se transaksies met die res van die vasteland te ondersoek. Ramaphosa het ‘n kennisgewing gepubliseer waarin bewerings na die eenheid verwys wat so ver terugdateer as 2006 en verband hou met transaksies in Nigerië en Mauritius. Die regering en die Openbare Beleggingskorporasie is die grootste aandeelhouers in Telkom. Die eenheid moet ondersoek instel na ernstige wanadministrasie in verband met die onderneming se sake asook enige onbehoorlike of onwettige optrede deur werknemers of agente van Telkom.