Ramaphosa kry kritiek oor sy kortlys vir kandidate vir die amp van hoofregter

Freedom under Law in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die paneel wat president Cyril Ramaphosa aangestel het om die kortlys saam te stel van kandidate wat vir die amp van hoofregter oorweeg moet word. Die groep sê die insluiting van twee politieke aanstellings uit dieselfde politieke party, die oudminister van Justisie Jeff Radebe en die huidige minister Ronald Lamola, druis in teen alle beginsels. Geen senior regter of een wat onlangs afgetree het, is ingesluit nie. Dit beteken regstreekse kennis van die huidige werking van Suid-Afrika se regstelsel word dus ook uitgesluit.