Ramaphosa kondig vanaand sy nuwe kabinet aan

President Cyril Ramaphosa kondig vanaand sy nuwe kabinet aan. Daar word reeds sedert sy herverkiesing as ANC-leier in Desember verlede jaar ‘n kabinetskommeling verwag, wat hom in staat sal stel vir ‘n tweede termyn as President in 2024 te staan. Die nuwe kabinet sal voorsiening maak vir ‘n nuwe minister van elektrisiteit. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die aanstelling van ‘n nuwe kabinet sal die regering se fokus versterk met aksies wat ‘n betekenisvolle verskil sal maak.