Ramaphosa hou presidensiële imbizo in SedibengAugust 12, 2022
Die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa het vroeër vandag planne om ekonomiese aktiwiteit in die Vaal te laat herleef, aangekondig. Ramaphosa het vandag tydens ‘n presidensiële imbizo in Sedibeng die nuus bekend gemaak. Hy sê die Gautengse provinsiale regering het ambisieuse planne om die gebied te laat herleef deur die ontwikkeling van landbou, logistiek, toerisme en ander sektore. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.