Ramaphosa het nog net 5 dae oor om te sê oor Phala Phala

President Cyril Ramaphosa het vyf dae oor om te reageer op die inligting wat lede van die Nasionale Vergadering by die Artikel 89 Onafhanklike Paneel van Deskundiges ingedien het. Die paneel beoordeel die African Tranformation-beweging se konsep-mosie wat vra dat Ramaphosa uit sy amp verwyder word. Sy mandaat is om te bepaal of daar ‘n saak is waarop die president moet antwoord oor die diefstal op sy plaas Phala Phala. Die Grondwet vereis dat minstens 267 van die 400 lede van die Nasionale Vergadering ten gunste van ‘n mosie moet stem om ‘n president uit die kussings te lig.