Ramaphosa betuig medelye met vloed-slagoffers

President Cyril Ramaphosa het sy simpatie betuig aan al die mense wat deur vloede in die Wes-Kaap geraak is. Die president het ook sy medelye uitgespreek met diegene wat geliefdes verloor het. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, het ‘n nuuskonferensie oor die president se openbare program gehou, en sê Ramaphosa is dankbaar vir die werk wat verskeie rampbestuurspanne gedoen het.