Rahul se kolfwerk is perfek meen Vaughn

Die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, het die kolfwerk van Indië se aanvangskolwer, Kannur Lokesh Rahul, op die eerste dag van die tweede toets teen Engeland op Lord’s as bykans perfek beskryf. Rahul was teen uitskeityd op 127 nie uit nie met Indië wat die dag op 276 vir drie afgesluit het. Hy het laas in September 2018 teen Engeland ‘n toetshonderdtal aangeteken. Vaughan sê dit was lekker om te sien hoe Rahul met soveel gemak kolf: