Rafael Nadal nie gereed vir Kanadese Ope

Tennis: Die wêreld nommer drie, Rafael Nadal, sal nie volgende week in die Kanadese Ope in Montreal speel nie. Die Spanjaard het nie mededingend gespeel, sedert ‘n maagspier-besering verlede maand sy deelname aan Wimbledon kortgeknip het nadat hy deurgedring het na die halfeindronde nie. Nadal het die Kanadese toernooi reeds vyf keer gewen. Hy sê hy het weer begin oefen, maar sy dokter het hom aangeraai om nog ‘n paar dae te wag voor hy meeding. Die Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, sal ook die byeenkoms misloop omdat hy nie teen Covid-19 ingeënt is nie.