Rafa sê Wimbledon deelname hang af van sy voet

Die Franse Opekampioen Rafael Nadal sê behandeling aan sy voet begin hierdie week met die hoop dat hy by Wimbledon sal kan speel. Hy sê hy moes regdeur die Franse Ope inspuitings kry om chroniese voetpyn te verdoof. Hy het gister op Roland Garros sy 14de Franse Ope-titel ingepalm en sy bestaande rekord van Grand Slam-oorwinnings tot 22 verbeter, Nadal sê hy sal nie op Wimbledon speel as die senu-behandeling vir sy voet nie help nie. Wimbledon begin op die 27ste van die maand: