Radiokatiewe stof in renosterhorings kan hier ook werk

Die Namibiese Save the Rhino-trust het gereageer op nuus dat renosters in Suid-Afrika radioaktiewe stof in hulle horings sal ontvang om dit makliker te kan opspoor by lughawens. ‘n Navorser in kernfisika aan die Universiteit van die Witwatersrand, James Larkin, sê twee renosters is reeds met nie-radioaktiewe isotope ingespuit. Dit verseker dat die stof nie na die diere se liggame versprei of gesondheidsprobleme vir hulle of mense veroorsaak nie. Simson Urikhob, hoof van die trust het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…