Radar by Whk-lughawe sal teen 12 Julie herstel wees
Die uitvoerende direkteur van die Burgerlike Lugvaart-owerheid, Toska Sem, het uiteindelik vandag met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die radarstelsel wat buitewerking is op Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die stelsel, wat sedert November aan en af is, is volgens haar buitewerking as gevolg van die implementering van nuwe sekuriteits-netwerk-toestelle. Sem sê die stelsel sal weer teen 12 Julie herstel wees en sogenaamde Notams is uitgereik.