RA-werknemers kry verhoging

Werknemers by die Namibiese Paaie-owerheid sal ‘n 4 persent verhoging in hulle basiese salarisse, behuising- en vervoer subsidies ontvang. In ‘n verklaring deur die owerheid se hoof uitvoerende beampte, Conrad Lutombi, sê die owerheid die verhoging is saam met die openbare werkers se vakbond, Napwu, onderhandel. Volgens Lutombi, is die verhoging van toepassing op personeel in die A2 tot C5 posgraderings. Bestuur sal ook ‘n 4 persent verhoging ontvang op hulle bruto salarisse. Die verhoging word terugdateer tot 1 April vanjaar.