R250 000 se koperkables in Gqeberha gekonfiskeer

Die polisie in Nelson Mandelabaai het gister koperkabels ter waarde van 250 000 Suid-Afrikaanse rand in Wells Estate, Gqeberha, in die Oos-Kaap gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder Priscilla Naidu, sê die lede van die bende-eenheid het in ‘n intelligensiegedrewe ondersoek inligting opgevolg oor ‘n groep mans wat koperkabels in Wells Estate stroop. Sy sê hulle het in verskillende rigtings weggehardloop toe hulle die polisievoertuig sien: