R200 miljard is nodig om kragnetwerk te versterk
Die minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, sê meer as 200 miljard Suid-Afrikaanse rand is nodig om die transmissie-infrastruktuur wat die land se kragnetwerk moet versterk, te finansier. Hy het die jongste inligting oor die kragkrisis verskaf. Die minister sê Eskom kon oor die gemiddelde vyfdag-tydperk 29 288 megawatt opwek teenoor die vorige week se 28 889 megawatt per dag. Ramokgopa sê hulle beplan om die vraag na elektrisiteit binne die volgende ses maande met ‘n duisend megawatt te verminder.