R. Kelly verhoor sluit vandag af, jurie moet delibereer

Finale argumente sal vandag afgesluit word aan die einde van R. Kelly se verhoor van vyf weke op klagtes van seksuele misbruik van minderjariges, omkopery en rampokkery. Die staatsaanklaer Elizabeth Geddes sê hy het sy personeel en beroemdheid gebruik om vir meer as 20 jaar lank minderjarige meisies uit te buit en seksueel te misbruik. Kelly, 54, het onskuldig op al die klagte gepleit. Sy regspan sal vandag hulle finale argumente voer waarna die jurie sal begin delibereer. Hy word in Brookyn in New York verhoor.